Gospel singer Riana Mouton (Website designed by ARK) * Gospelsanger Riana Mouton (Webwerf ontwerp eur ARK)

SitemapWerfkaartHome/TuisUp/OpSolo-CD'sSamestellingsLiedereLiriekeSOUT 4Krokkie Vol1

Updated: February 7, 2023 ** Opgedateer: 7 Februsrie 2023

 

 

 
English

 

 


Groter weergawe

Sing tot eer van die HERE, loof Sy Naam,
verkondig Sy heil van dag tot dag.
Psalm 96:2

 

Lirieke

Lirieke van sommige van Riana se welbekende liedere:
Maak 'n verskil
Buig voor die Heer
Iewers is Iemand
Awesome Verby
Wat Ek vir jou beplan
Krokodil (song vir Rooies)
Slagveld van ons tyd

Maak 'n verskil
(Lirieke en musiek deur Riana Mouton © 2014)

Filippense 3:14 Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is
 en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry
 van die hoë roeping van God in Christus Jesus.

   KOOR: Maak 'n verskil in die hede
   maak 'n verskil hier en nou
   Draai jou rug op die verlede
   dis verby, dis agter jou
   Strek jou dan uit na wat voor is
   die toekoms word self deur God bepaal
   Maak 'n verskil in jou hede
   maak 'n verskil hier en nou

1. Jy's die sout van die aarde
jy's die lig in hierdie tyd
maar steeds verloor die mensdom
teen hierdie eindelose stryd
Al jou goedbedoelde werke
sonder liefde is dit leeg
maar liefde sonder werke
kom uiteind'lik ook tot niks

   KOOR: Maak 'n verskil in die hede
   maak 'n verskil hier en nou
   Draai jou rug op die verlede
   dis verby, dis agter jou
   Strek jou dan uit na wat voor is
   die toekoms word self deur God bepaal
   Maak 'n verskil in jou hede
   maak 'n verskil hier en nou

2. Die reëls is tog eenvoudig:
wat jy saai, die sal jy maai
Maar dikwels vra die lewe
dat jy jou ander wang ook draai
En dan more lyk dit anders
dan is wat onder was weer bo
en al wat jy moet doen
is om net vas te hou en glo

   KOOR: Maak 'n verskil in die hede
   maak 'n verskil hier en nou
   Draai jou rug op die verlede
   dis verby, dis agter jou
   Strek jou dan uit na wat voor is
   die toekoms word self deur God bepaal
   Maak 'n verskil in jou hede
   maak 'n verskil hier en nou

   KOOR: Maak 'n verskil in die hede
   maak 'n verskil hier en nou
   Draai jou rug op die verlede
   dis verby, dis agter jou
   Strek jou dan uit na wat voor is
   die toekoms word self deur God bepaal
   Maak 'n verskil in jou hede
   maak 'n verskil hier en nou

   Maak 'n verskil in jou hede
   maak 'n verskil hier en nou

   (hier en nou.... hier en nou...)

 

Buig voor die Heer
(Lirieke en musiek deur Riana Mouton © 2014)

Efesiërs 3:14-19 Om hierdie rede buig ek my knieë voor die Vader van onse Here Jesus Christus, … dat Hy aan julle mag gee na die rykdom van Sy heerlikheid om met krag versterk te word deur Sy Gees in die innerlike mens, sodat Christus deur die geloof in julle harte kan woon, …sodat julle vervul kan word tot al die volheid van God.

1. Soms loop die lewe net soos dit wil, nie soos dit moet nie
En ek wil nie meer vir ander se foute boet nie
Maar Heer is U die weg, in hierdie saak waarvoor ek veg
Of is dit alweer myself waaroor dit gaan?

2. Ek wens so graag die lewe was soms anders
Want ons boet nog steeds vir foute van ons vaders
Jesus Naam het hul bely, maar hul eie stryd gestry
So het ons al lank vergeet waaroor dit gaan

   KOOR: Leer my weer kniel voor U troon van glorie
   Om te buig voor U alleen
   U's my Rots, U's my Sterkte, U is my Redding
   Al sou daar duisende om my val, weet ek U sal my kom haal
   U's my Rots, my Beskermer, U is Heer!

3. Die dinge waaroor ek huil kan niemand traak nie
En my beste wat ek gee sien niemand raak nie
Jesus Heer sal U my leer, om vir U alleen te eer
Want U het reeds die weg vir my gebaan

   KOOR: Leer my weer kniel voor U troon van glorie
   Om te buig voor U alleen
   U's my Rots, U's my Sterkte, U is my Redding
   Al sou daar duisende om my val, weet ek U sal my kom haal
   U's my Rots, my Beskermer, U is Heer!

   BRUG: Leer ons weer buig voor U Heer
   Leer ons weer leef tot U eer
   Leer ons weer buig voor U Heer
   Leer ons weer leef tot U eer
   Kom laat ons buig
   Kom laat ons buig
   Kom laat ons buig
   Kom laat ons buig

   KOOR: Leer my weer kniel voor U troon van glorie
   Om te buig voor U alleen
   U's my Rots, U's my Sterkte, U is my Redding
   Al sou daar duisende om my val, weet ek U sal my kom haal
   U's my Rots, my Beskermer, U is Heer!

   U's my Rots, my Beskermer, U regeer!
 

Iewers is Iemand
(Lirieke en musiek deur Riana Mouton © 2014)

Psalm 51:19 Die offers van God is 'n gebroke gees;
'n gebroke en verslae hart sal U, o God, nie verag nie!

1. Iewers is iemand wat nog soveel wou sê
Wou vertel van dit alles wat diep in jou hart lê
Maar jare vervaag dit wat jy eintlik wou hê
En woorde lê ver van wat jy eintlik wou sê

2. Iewers is iemand, jou hart is so seer
Die lesse is bitter wat die lewe jou leer
En tyd is geduldig, wie sou dit kon keer
En al wat nou oorbly, is net jy en jou seer

3. Iewers is iemand wat nie verder wil gaan
Jy's moeg vir alleen wees en op die kantlyn te staan
Jou lewe lê stukkend, jou wêreld vergaan
Waar sal jy krag kry om weer op te staan?

4. Maar iewers is Iemand wat jou woorde wil hoor
Wat diep in jou hart kyk en in jou drome glo
Jou liefhet, jou vashou en jou ophelp tot bo
Iewers is Iemand wat steeds in jou glo

...Jesus is die Iemand wat nog steeds in jou glo...

Awesome Verby
(Lirieke en musiek deur Riana Mouton © 2014)

Efésiërs 3:20-21 En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk, aan Hom die heerlikheid in die gemeente
in Christus Jesus deur alle geslagte tot in ewigheid! Amen.

   KOOR: U is vir my, awesome verby
   meer as wat ek ooit kon dink of bid of vra gee U vir my
   U is vir my, awesome verby
   In alles wat ek doen en sê wil ek getuig:
   U's awesome, awesome verby!

1. Wie is ek, dat die Hemelheerser kom
en my sondelas kom dra, vir my lewe duur betaal?
Wie is ek, dat selfs die dood U nie kon keer
om my sonde weg te vee en vir my nuwe lewe gee

   KOOR: U is vir my, awesome verby
   meer as wat ek ooit kon dink of bid of vra gee U vir my
   U is vir my, awesome verby
   In alles wat ek doen en sê wil ek getuig:
   U's awesome, awesome verby!

2. Hier is ek, so oorweldig deur U Gees
uit genade vry gekoop, daar is Lewe, daar is Hoop
Hier is ek, hoe sal ek ooit weer stil kan wees?
Laat my hele lewe juig en my mond van U getuig

   KOOR: U is vir my, awesome verby
   meer as wat ek ooit kon dink of bid of vra gee U vir my
   U is vir my, awesome verby
   In alles wat ek doen en sê wil ek getuig:
   U's awesome, awesome verby!

   BRUG: Al kan ek dit nie verstaan nie en dis so moeilik om te glo
   bly U onverdiende Liefde en Genade steeds so groot!

(sleutel verander)
   KOOR: U is vir my, awesome verby
   meer as wat ek ooit kon dink of bid of vra gee U vir my
   U is vir my, awesome verby
   In alles wat ek doen en sê wil ek getuig:
   U's awesome, awesome verby!

   KOOR: U is vir my, awesome verby
   meer as wat ek ooit kon dink of bid of vra gee U vir my
   U is vir my, awesome verby
   In alles wat ek doen en sê wil ek getuig:
   U's awesome, awesome verby!

   U's awesome vir my!

   Awesome verby!
 

Wat Ek vir jou beplan
(Lirieke en musiek deur Riana Mouton © 2014)

Jeremia 29:11 Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle 'n hoopvolle toekoms te gee.

1. Wanneer jou hemel inmekaar val
en die sterre om jou stukkend lê
beloftes nie meer sin maak nie
en jy niks meer glo wat mense sê
Jou trane wyk en slaap verdwyn
soos die seer en smart jou hart versmoor
en elke uur word gans te lank
want niks bly meer van more oor

   KOOR: EK weet wat EK vir jou beplan
   dit is voorspoed, nie trane nie
   EK wil vir jou 'n toekoms gee van vrede
   Roep MY aan, kom bid tot MY, vra na MY wil
   As jy na MY soek met jou hele hart, sal jy MY vind
   As jy na MY soek met jou hele hart, sal jy MY vind

2. Here, hou my tog net styf vas
ek wil naby aan U wees
Al woed die storms om my
is daar niks wat ek sal vrees
Te midde van onsekerheid
ontnugtering en nood
sal ek altyddeur op U vertrou
ek is veilig op U skoot

   KOOR: EK weet wat EK vir jou beplan
   dit is voorspoed, nie trane nie
   EK wil vir jou 'n toekoms gee van vrede
   Roep MY aan, kom bid tot MY, vra na MY wil
   As jy na MY soek met jou hele hart, sal jy MY vind
   As jy na MY soek met jou hele hart, sal jy MY vind

   BRUG: Mense sal jou altyd weer teleurstel
   dit is maar hoe die lewe is
   Pyn en smart moes Hy verduur
   verstoot deur ons in daardie uur
   As jy net fyn fyn luister
   na wat Sy Woord jou sê
   sal jy sien dat Hy jou koester –
   'n verwagting vir jou het.

   KOOR: EK weet wat EK vir jou beplan
   dit is voorspoed, nie trane nie
   EK wil vir jou 'n toekoms gee van vrede
   Roep MY aan, kom bid tot MY, vra my na MY wil
   As jy na MY soek met jou hele hart, sal jy MY vind
   As jy na MY soek met jou hele hart, sal jy MY vind

   Oe.......
   sal jy MY vind.

 

Krokodil (song vir Rooies)
(Lirieke en musiek deur Riana Mouton © 2014)

Job 40:20 – Job 41:25

1. 'n Eienaardige dier is die krokodil
met sy vlymskerp bek en sy knoppies-skil
lê hy heeldag langs die watergat en bak
Die rustigheid self die moet jy weet
selfs die voëltjies kan uit sy mond uit eet
min gepla oor wat die wêreld om hom doen
          Maar een ding moet jy mooi verstaan
          as hy rede vind om op te staan.....

   KOOR: O krokodil (o krokodil), o krokodil (o krokodil)
   sleep jou sorge na die water, doen dit nou en wag nie later
   O krokodil (o krokodil), o krokodil (o krokodil)
   want die Bybel sê maak gou, daar's geen beter tyd as nou
   bring jou lewe na die water

2. Die Woord van die Here sê tog duidelik daar
ons moet in vrede leef met liefde vir mekaar
ons moet selfs mekaar se swaarste laste dra
Lankmoedig wees, nie net die slegste vrees
'n antwoord gee met 'n sagte gees
nie mekaar die heeltyd oordeel na die vlees
          Maar die opdrag is "dissipels maak"
          so rol op jou moue, bid en waak...

   KOOR: O krokodil (o krokodil), o krokodil (o krokodil)
   sleep jou sorge na die water, doen dit nou en wag nie later
   O krokodil (o krokodil), o krokodil (o krokodil)
   want die Bybel sê maak gou, daar's geen beter tyd as nou
   bring jou lewe na die water

3. Nou hierdie is 'n storie van 'n ou
wat met sy hele lewe op sy God vertrou
Met sy gelaat en sy hare rooi soos vlamme
staan hy gereed soos 'n krokodil by damme
Hy wag tot die Here sê "NOU"
dan gryp hy vir jou en hy klou
Vanaf Upington se sand, met die Here aan sy kant,
steek hy die hele wêreld aan die brand

   KOOR: O krokodil (o krokodil), o krokodil (o krokodil)
   sleep jou sorge na die water, doen dit nou en wag nie later
   O krokodil (o krokodil), o krokodil (o krokodil)
   want die Bybel sê maak gou, daar's geen beter tyd as nou
   bring jou lewe na die water

   KOOR: O krokodil (o krokodil), o krokodil (o krokodil)
   sleep jou sorge na die water, doen dit nou en wag nie later
   O krokodil (o krokodil), o krokodil (o krokodil)
   want die Bybel sê maak gou, daar's geen beter tyd as nou
   bring jou lewe na die water

God se Woord sê maak gou, daar's geen beter tyd as nou
Bring jou lewe na die water

Slagveld van ons tyd
(Lirieke en musiek deur Riana Mouton © 2014)

Efesiërs 6:12 Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie,
maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.

1. Op die slagveld van die lewe kom soldate bymekaar
'n oproer vul die atmosfeer, daar is dood en gevaar
Kyk die vyand staan gereed, 'n nuwe lokval elke keer –
Saai verwoesting, pyn en seer

2. Op die slagveld van ons land, elk sy eie generaal
Dapper helde storm voorwaarts, maar kom gou tot 'n val
En die vyand staan en lag, oor ons afguns op mekaar
En oor ons hom moeite spaar

   KOOR: Want dit maak nie regtig saak nie
   Wie jy is of wat jy glo
   Hierdie stryd is nie teen vlees nie
   Maar teen owerhede groot
   Staan dan vas op Sy beloftes, deur Sy Gees en in Sy Woord
   Almal wat aan Christus behoort.

3. Op die slagveld van ons tyd, kom die bidders bymekaar
Gepantser met die wapenrusting, skild en die Swaard
Gefokus op ons Leidsman, Hy't oorwinning reeds behaal
En die vyand reeds verslaan

   KOOR: Want dit maak nie regtig saak nie
   Wie jy is of wat jy glo
   Hierdie stryd is nie teen vlees nie
   Maar teen owerhede groot
   Staan dan vas op Sy beloftes, deur Sy Gees en in Sy Woord
   Almal wat aan Christus behoort.

   KOOR: (Instrumentaal)
  Staan dan vas op Sy beloftes, deur Sy Gees en in Sy Woord
  Almal wat aan Christus behoort.

   KOOR: Ja dit maak nie regtig saak nie
   Wie jy is of wat jy glo
   Hierdie stryd is nie teen vlees nie
   Maar teen owerhede groot
   Staan dan vas op Sy beloftes, deur Sy Gees en in Sy Woord
   Almal wat aan Christus behoort.

   Almal wat aan Christus behoort.

Teksdokumente is ook beskikbaar. Kliek net die formaat van jou keuse van enige van die liedere hier onder om die lirieke af te laai maw die teksformaat van 'n lied.

 Maak 'n verskil
  ODF formaat MS Word formaat
   
 Buig voor die Heer
  ODF formaat MS Word formaat
   
 Iewers is Iemand
  ODF formaat MS Word formaat
   
 Awesome Verby
  ODF formaat MS Word formaat
   
 Wat Ek vir jou beplan
  ODF formaat MS Word formaat
   
 Krokodil (song vir Rooies)
  ODF formaat MS Word formaat
   
 Slagveld van ons tyd
  ODF formaat MS Word formaat
   
 
 

 

 

 

Home/Tuis
Up/Op
Solo-CD's
Samestellings
Liedere
Lirieke

 


SOUT 4
Krokkie Vol1

 

 

 

Werfkaart
Site Map

Musiekwinkel
Music Store

 

 

 

 

 

 


SitemapWerfkaartHome/TuisUp/OpSolo-CD'sSamestellingsLiedereLiriekeSOUT 4Krokkie Vol1

ARK Web Design (Roses in Vase) * ARK Webontwerp (Rose in Vaas)

ADSA Advertensies

ARK Webontwerp sedert 1998
ARK Web Design since 1998

Artists at Piazza
Kunstenaars by Piazza

ARKpark.info

Swallow Software, Calgary, Canada
Swallow Software

ARK Web Design © 2015 - 2023
ARK Webontwerp © 2015 - 2023

Meer inligting oor Bybelhulpmiddels

Bekering

'n Christen

Bybelteks

Bible Text