Riana het 'n pragtige veelsydige program wat geskik is vir talle spesiale geleenthede. Lees gerus by Repertoire om 'n meer volledige oorsig van die soort liedere in haar aanbiedings te kry. Riana oorweeg uitnodigings met sorg en bedien landwyd as die geleentheid hom voordoen. Sy neem ook deel aan talle gebeurlikhede waar onder andere spesiale geleenthede soos gala-onthale, gewyde kerk-of openingsdienste, begrafnisse, sport- of skoolbyeenkomste, kunsuitstallings, feeste en karnavalle, herdenkings, troues en tientalle ander soortgelyke geleenthede. Riana het 'n redelike vol kalender. Kontak haar dus vroegtydig om 'n afspraak vir u baie spesiale geleentheid te maak om teleurstelling te voorkom. Dit is wenslik dat die afspraak so gou moontlik per epos bevestig word, sodat die nodige reëlings getref kan word. Riana is enige dag van die week beskikbaar vir bediening en optredes en die saal, kerk, ruimte, verhoog, vertrek of area waar die optrede moet plaasvind het nie enige spesiale apparaat nodig nie. 'n Kragpunt is wel van belang. Kontak Riana so gou moontlik per epos as u 'n bespreking wil maak. Haar fooie is meer as billik
sowel as onderhandelbaar. Wil u Riana graag persoonlik ontmoet of sien optree? Kyk dan gerus na haar
Kalender om te sien waar sy in die komende maande gaan besoek aflê. Die aller nuutste afsprake vir optredes is by Riana se Internetwinkel.
As u sommer by hierdie webtuiste 'n uitnodiging wil stuur, gebruik asseblief Navrae en voorsien die volgende inligting so volledig moontlik:
1. |
Die DATUM van die geleentheid |
2. |
Die PLEK waar die geleentheid gehou word |
3. |
Die NAAM van die persoon wat die geleentheid reël |
4. |
Een of twee eposadresse waar u gekontak kan word |
5. |
'n Telefoonnommer waar u gekontak kan word |
|
|
|