Gospel singer Riana Mouton (Website designed by ARK) * Gospelsanger Riana Mouton (Webwerf ontwerp eur ARK)

SitemapWerfkaartHome/TuisUp/OpSOUT 4Krokkie Vol1

Updated: February 7, 2023 ** Opgedateer: 7 Februsrie 2023

 

 

 
English

 

 

Lirieke vir Saamsing met SOUT Volume 4

Lirieke vir Saamsing met Sout Volume 4
  CD 1
  CD 2

Saamsing met SOUT Volume 4

CD 1 Lofprysing
(CRS130A)

KEURSANG 1
Loof Hom met die tromme x3
Loof Hom met die tromme
Loof Hom met die harp
Loof Hom met die klinkende simbale
Alles wat asem het
Loof, loof die Here
Alles wat asem het
Loof, loof die Heer

Prys Hom met jul stemme prys Hom uit die hart
Prys Hom in die hemel en op aarde
Alles wat asem het
Loof, loof die Here
Alles wat asem het
Loof loof die Heer

Filippense 4:4 x3
Filippense 4 vers 4 sê verbly jul in die Heer x2
Verbly jul, verbly jul
Verbly jul in die Heer

Filippense 4 vers 5 sê die Here is naby x2
Naby naby die Here is naby
Naby naby die Here is naby

Filippense 4 vers 6 sê O, wees oor niks besorg x2
Oor niks nie oor niks nie
O, wees oor niks besorg

Aan die Koning van die eeue x 3
Aan die Koning van die eeue
Die Onverderflike, Onsienlike, alleen Wyse God
Kom toe die eer en heerlikheid tot in alle ewigheid
Amen, Amen
Kom toe die eer en heerlikheid tot in alle ewigheid Amen

Oh oh goed is die Heer x 3
O, o goed is die Heer x3
Nooit sal ek vergeet hoe goed is Hy vir my
Hy skenk my verlossing, goed is die Heer
Hy skenk my Sy vreugde, goed is die Heer
Hy skenk my die lewe, goed is die Heer
Nooit sal ek vergeet hoe goed is Hy vir my

KEURSANG 2
Send a new touch of fire x 3
Send a new touch of fire on my soul, Lord
Send it now, Lord send it now
Touch my lips today with a living coal
Send a new touch of fire on my soul

There is gladness in my soul x 3
There is gladness in my soul today
Praise the Lord x2
For my many sins are washed away
Hallelujah praise the Lord
I’ll go singing all the way
For my night has turned to day
And forever by His side I’ll stay
Hallelujah praise the Lord

I left my load at Calvary x 3
I left my load at Calvary
Where Jesus died for you and me
And then there came a peace so sweet
When I left my load of sin at Jesus’ feet

God’s not dead x 3
God’s not dead
He’s alive x 3
I feel it all over me

I feel it in my hands
I feel it in my feet
I feel it in my head
I feel it in the streets
I feel it all over me
No, no, no, no, ……

KEURSANG 3
Bind us together x3
Bind us together, Lord
Bind us together with chords that cannot be broken;
Bind us together Lord x2
Bind us together with love

There is only one God
There is only one King,
There is only one body,
And that is why we sing

Yesterday today and forever x3
Yesterday, today and forever
Jesus is the same
All may change but Jesus never
Glory to His Name

Glory to His Name x2
All may change but Jesus never
Glory to His Name

It’s beginning to rain x3
It’s beginning to rain, rain, rain
Hear the voice of the Father
Saying: ”whosoever will come drink of this water.
I promised to pour My Spirit out on
Your sons and your daughters”
If you’re thirsty and dry
Lift your hands to the sky
It’s beginning to rain


KEURSANG 4
Die Heiland leef nog x3
Die Heiland leef nog
Halleluja,
Die Heer vergeef nog
Prys Sy Naam
Na die kruis kom die kroon
Jesus self sal beloon
Ek juig want Hy leef, Halleluja x2

Die lof en die eer kom U toe x3
Die lof en die eer kom U toe, Here
Die lof en die eer kom U toe
Ons bring U Here die eer van U Naam
Die lof en die eer kom U toe

Daar ruis langs die wolke x3
Daar ruis langs die wolke ‘n lieflike Naam
Wat Hemel en aarde verenig tesaam
Sy Naam is so dierbaar en soet vir my hart
Dit reinig van sonde en heel al my smart

Wees stil en weet
Wees stil en weet dat Ek jou God is x2
Wees stil en weet dat Ek God is
Ek is die Heer wat jou genees x3
Op U alleen, sal ek vertrou x3

KEURSANG 5
He’s worthy to be praised x3
He’s worthy to be praised He lifted me
He’s worthy to be praised He set me free
He’s worthy to be praised He opened heaven unto me
He is worthy to be praised

Praise Him x2
Praise Him in the morning
Praise Him in the noontime
Praise Him x2
Praise Him when the sun goes down

When we all get to heaven x3
When we all get to heaven
What a day of rejoicing that will be
When we all see Jesus
We’ll sing and shout the victory

He brought me out of the miry clay x3
He brought me out of the miry clay
He set my feet on the rock to stay
He put a song in my heart today
A song of praise Hallelujah

Oh, oh He’s done so much for me x3
Oh, oh He’s done so much for me x2
If I could tell through eternity
I could never, never tell
How much He’s done for me


KEURSANG 6
Build your house on the rock x3
Build your house on the rock x2
And it shall stand
There’s no power in this world
That can stand against God’s Word
Build your house on the rock and it shall stand

This joy that I have x3
This joy that I have Jesus gave it to me x3
The world didn’t give it
And the world can’t take it away

I’m a new creation x3
I’m a new creation
I’m a brand new man
All things have passed away
I’m born again
More than a conqueror
That’s who I am
I’m a new creation
I’m a brand new man

Father I place
Father I place into Your hands
The things I cannot do
Father I place into Your hands
The things that I’ve been through
Father I place into Your hands
My sorrow and my pain
Meet my needs I pray in Jesus name x2

Father I place into Your hands
My friends and family
Father I place into Your hands
The things that trouble me
Father I place into Your hands
The person I could be
For I know that I can trust in You


KEURSANG 7
Jesus is die Naam van my Heer x3
Jesus is die Naam van my Heer en Vriend
Jesus is die Naam wat verlossing bied
In Sy Naam is krag
Oorwinning dag na dag
Hierdie naam verslaan elke vyandsmag

Loof die Heer o my siel x3
Loof die Heer o, my siel en alles binne in my
Hart en siel, gees en krag en alles binne in my
Loof Sy Heilige Naam x3
Loof die Heer

Habakuk 3 x6
Die Here my God
Gee vir my krag
Hy maak my voete
Soos die van ‘n ribbok
Op hoë plekke laat Hy my veilig loop

Jesus is die rede x3
Jesus is die rede vir my blydskap
Jesus is die rede tot my lof
Jesus is die rede
Ek gee aan Hom die ere
Jesus is die rede tot my dank

 
KEURSANG 8
Rondom Jerusalem is berge x3
Rondom Jerusalem is berge
So beskerm die Here Sy volk
Rondom Jerusalem is berge
So beskerm die Here Sy volk
Hy sluit ons in van agter en van voor af
So beskerm die Here Sy volk
Rondom Jerusalem is berge
So beskerm die Here Sy volk

Ek is tot alles tot alles in staat x3
Ek is tot alles, tot alles in staat x2
Deur Jesus Christus
Wat my die krag gee
Is ek tot alles, tot alles in staat

Geanker in Jesus x3
Geanker in Jesus as ek deur storms gaan
Geanker in Jesus as golwe om my slaan
Geanker in Jesus in Sy krag kan ek bly staan
Geanker in die Rots van die eeue

Ek is met vars vreugde-olie gesalf x3
Ek is met vars vreugde-olie gesalf
Ek is vry in die Heilige Gees
Uit my hart wil ek sing om hulde te bring
Aan die naam van Jesus my Heer


KEURSANG 9
Arise shine x3
Arise shine for your light is come x2
And the glory of the Lord is risen
The glory of the Lord is come
The glory of the Lord is risen upon Thee

With my hands I will praise Him x2½
With my hands I will praise Him
With my voice I will sing
With my feet I will dance before the King

And I will praise just like Adam did
I will sing the songs of praise
I will walk in the garden and I will talk with my King
And I will call those things that be not
Just as though they were
I will walk in the garden and I will reign like a king

Weet jy dit nie x2
Weet jy dit nie of het jy nie gehoor
Ons God is Vader, Skepper en Heer x2

O, ek sal sing van Sy grootheid
Ek sal juig oor Sy krag
Ek sal vertel van Sy liefde elke dag
Ja, ek sal sing van Sy grootheid
Ek sal juig oor Sy krag
Ek sal vertel van Sy liefde elke dag

 
KEURSANG 10
Our Lord is Wonderful x3
Our Lord is wonderful in council
He’s wonderful
Excellent in working He’s excellent
Mighty in power He’s mighty
Glory be to God forever more

Without Him I can do nothing x2½
Without Him I can do nothing
Without Him I’d surely fail
Without Him I would be drifting
Like a ship without a sail
Jesus, my Jesus do you know Him today
Please don’t turn Him away
Jesus, my Jesus without Him how lost I will be

He’s more than enough x3
He’s more than enough, more than enough
He is El Shaddai, the God of plenty;
The All sufficient One
God Almighty
Jesus is more than enough


KEURSANG 11
Heilig Heilig x2
Heilig, Heilig, Heilig is die Heer van die leërskare
Heilig, Heilig, Heilig is die Here God
Die aarde is vol van Sy Heerlikheid x3
Heilig is die Heer

Soos ‘n hert smag na waterstrome x2
Soos ‘n hert smag na waterstrome
Smag my siel na U o, Heer
U alleen is my hartsverlange
En ek bring aan U die eer

U alleen is my krag en skild
Aan U alleen wy ek nou myself
U alleen is my hartsverlange
En ek bring aan U die eer x3

Halleluja U is Koning x4
Hallelujah U is Koning
Ons aanbid U in U woning
U’s die Alfa en Omega
Daarom sing ons Hallelujah

********************

CD 2 Evangelieliedere
(CRS130B)
LIED 1 - BLINK SKYN DIE DAGSTER

Blink skyn die dagster helder vir my
In die liefde van my Jesus
Van al my sonde maak Hy my vry
In die liefde van my Jesus

KOOR:
Vol lof en dankbaarheid kan ek sing
Geest’lik herbore Koning se kind
Sy erfgenaam my loflied weerklink
So gelukkig in my Jesus

Hy’s my Verlosser ek is Sy kind
In die liefde van my Jesus
Deur Sy genade aan Hom gebind
In die liefde van my Jesus

KOOR:
Vol lof en dankbaarheid kan ek sing
Geest’lik herbore Koning se kind
Sy erfgenaam my loflied weerklink
So gelukkig in my Jesus

O, hoe geseënd o hoe gerus
In die liefde van my Jesus
Onder Sy vleuels word ek gesus
In die liefde van my Jesus

KOOR: x3
Vol lof en dankbaarheid kan ek sing
Geest’lik herbore Koning se kind
Sy erfgenaam my loflied weerklink
So gelukkig in my Jesus


LIED 2 - GAAN MY NIE VERBY O HEILAND

Gaan my nie verby o, Heiland
Gaan my nie verby
Wyl U ander seën, Heiland
Seën nou ook my

KOOR:
Jesus Heiland wees my nou naby
Wyl U ander seën Heiland
Seën nou ook my

Voor U troon gekniel o, Heiland
Bid ek in geloof
Hoor my sugte en gebede
Ondanks swak geloof

KOOR: x2
Jesus Heiland wees my nou naby
Wyl U ander seën Heiland
Seën nou ook my

LIED 3 - AS DIE LEWENSTORME

As die lewenstorme woedend om jou slaan
En jy gans ontmoedig vrees om te vergaan
Tel jou seëninge, tel hul een vir een
En jy sal verbaas wees oor wat God verleen

KOOR:
Tel jou seëninge, een vir een
Seëninge jou deur God geskenk
Tel hul almal kyk wat God verleen
En jy sal verbaas wees oor wat God jou skenk

As jy ooit gebuk gaan onder sorg en pyn
As die kruis te swaar word en jou krag te klein
Tel jou seëninge, dan vlug twyfel heen
En jy sien Gods goedheid laat jou nooit alleen

KOOR:
Tel jou seëninge, een vir een
Seëninge jou deur God geskenk
Tel hul almal kyk wat God verleen
En jy sal verbaas wees oor wat God jou skenk

As jy let op ander met hul goud en eer
Dink dan God beloof jou nog oneindig meer
Tel jou seëninge weet dat prag en praal
Nooit die minste van die hemel kan behaal

KOOR:
Tel jou seëninge, een vir een
Seëninge jou deur God geskenk
Tel hul almal kyk wat God verleen
En jy sal verbaas wees oor wat God jou skenk

As die lewenstorme woedend om jou slaan
En jy gans ontmoedig vrees om te vergaan
Tel jou seëninge, tel hul een vir een
En jy sal verbaas wees oor wat God verleen

KOOR: x2
Tel jou seëninge, een vir een
Seëninge jou deur God geskenk
Tel hul almal kyk wat God verleen
En jy sal verbaas wees oor wat God jou skenk

LIED 4 – O, GOEDHEID GOD’S HIER NOOIT VOL PRESE 2

O, goedheid God’s hier nooit vol prese
Wie word daardeur nie diep getref
Hoe snood ondankbaar is die wese
Wat nie sy hart tot U verhef

KOOR:
Aan U alleen sy dank en ere
Laat dit my lus, my lied hier bly
Vergeet my siel dan nooit die Here
Want nooit vergeet die Here my

Wie bou my ligggaam wonderkunstig
Die God wat niks van my behoef
Wie lei my daagliks so goedgunstig
Die God wat ek so diep bedroef

KOOR:
Aan U alleen sy dank en ere
Laat dit my lus, my lied hier bly
Vergeet my siel dan nooit die Here
Want nooit vergeet die Here my

O, goedheid God’s hier nooit vol prese
Wie word daardeur nie diep getref
Hoe snood ondankbaar is die wese
Wat nie sy hart tot U verhef

KOOR: x3
Aan U alleen sy dank en ere
Laat dit my lus, my lied hier bly
Vergeet my siel dan nooit die Here
Want nooit vergeet die Here my

Vergeet my siel dan nooit die Here
Want nooit vergeet die Here my

LIED 5 - AS DIE ROL DAAR AFGELEES WORD

Wanneer God’s basuin sal klink
En tyd sy laaste tik sal slaan
En die hemels-môre breek vir ewig aan
As die skaar-verlostes daar vergaar
Om voor die troon te staan
En die rol daar afgelees word is ek daar

KOOR:
As die rol daar afgelees word x3
As die rol daar afgelees word is ek daar

Daardie môre sal die dode
Wat in Christus slaap opstaan
En Sy heerlikheid word hul daar aangedaan
As die uitverkore skare na die ew’ge huis sal gaan
En die rol daar afgelees word is ek daar

KOOR:
As die rol daar afgelees word x3
As die rol daar afgelees word is ek daar

Laat ons arbei vir die Meester
Tot die son hier onder gaan
En vertel Sy wonderwerk aan ons gedaan
As ons dan ons lewe aflê en van arbeid word ontslaan
En die rol daar afgelees word is ek daar

KOOR:
As die rol daar afgelees word x3
As die rol daar afgelees word is ek daar

LIED 6 - WAT 'N VRIEND HET ONS IN JESUS

Wat ‘n vriend het ons in Jesus
Wat ons sondestraf wou dra
Wat ‘n voorreg dat ons alles
In gebed van Hom mag vra
O hoe dikwels mis ons vrede
As daar pyn en kommer kwel
Net omdat ons nie ons node
In gebed aan God vertel

Ons beproewings en versoekings
Wat ons moeilikheid mag wees
Kan ons alles maar vrymoedig
Tot ons God bring sonder vrees
Trouer vriend het nooit bestaan nie
As Hy wat van ons alles weet
Hy ken ons in al ons swakheid
En wil deel in al ons leed

As ons onder sorg gebuk gaan
En ons laste word te swaar
Is Hy altyd nog ons toevlug
In Sy sorg word ons bewaar
En as vriende ons verlaat het
Gaan ons biddend na die Heer
Daar’s ‘n deur wat altyd oop is
Hy vertroos ons keer op keer

O hoe dikwels mis ons vrede
As daar pyn en kommer kwel
Net omdat ons nie ons node
In gebed aan God vertel
Net omdat ons nie ons node
In gebed aan God vertel

LIED 7 - DAAR'S 'N DIERBARE KRUIS

Daar’s ‘n dierbare kruis waar my Heiland bewys
Die liefde wat Hy vir my het
Daar is alles voldaan en die vyand verslaan
Daar word ek van sonde gered

KOOR:
By die kruis, by die kruis wil ek bly
Tot die stryd hier benee is volstry
Tot ek eens in die hemel sal woon
Daar verwissel ons kruis met ‘n kroon

O, die dierbare kruis waar die uiterste prys
Deur kosbare bloed is betaal
Daar is smarte gely en versoening verkry
Waar Jesus oorwinning behaal

KOOR: x3
By die kruis by die kruis wil ek bly
Tot die stryd hier benee is volstry
Tot ek eens in die hemel sal woon
Daar verwissel ons kruis met ‘n kroon

LIED 8 - ONDER DIE KRUIS

Onder die kruis aan my Heilands voet
Kniel ek daar neer met ‘n bang gemoed
Daar vind ek reiniging in Sy bloed
Ere, sy Sy Naam

KOOR:
Ere, sy Sy naam, ere sy Sy naam
Daar vind ek reiniging in Sy bloed,
Ere sy Sy Naam

Nou is ek vry van my sonde-skuld
Jesus my Heer het my straf vervul
Daar by die kruis bring ek Hom hulde
Ere sy Sy Naam

KOOR:
Ere, sy Sy naam, ere sy Sy naam
Daar vind ek reiniging in Sy bloed,
Ere sy Sy Naam

Onder die kruis aan my Heilands voet
Kniel ek daar neer met ‘n bang gemoed
Daar vind ek reiniging in Sy bloed
Ere sy Sy Naam

KOOR: x4
Ere, sy Sy naam, ere sy Sy naam
Daar vind ek reiniging in Sy bloed,
Ere sy Sy Naam

LIED 9 - EK KOM IN DIE BLOMTUIN

Ek kom in die blomtuin alleen
En die dou skyn nog op die rose
Toe’k ‘n stem daar hoor saggies in my oor
Dit was die stem van Jesus

KOOR:
Met Sy stem so soet streel Hy my gemoed
En vertel my ek is Sy kind
En met siele-vreug het Hy my verheug
Soos niemand hier ondervind

Die klank van Sy stem was so skoon
Dat die voëltjies almal moes luister
En ‘n melodie het Hy my gegee
Wat in my hart nog fluister

KOOR:
Met Sy stem so soet streel Hy my gemoed
En vertel my ek is Sy kind
En met siele-vreug het Hy my verheug
Soos niemand hier ondervind

Ek bly in die blomtuin by Hom
Ja, al word die nag ook hoe duister
Want Hy sê vir my Hy sal by my bly
In my leed hoor ek Hom fluister

KOOR: x2
Met Sy stem so soet streel Hy my gemoed
En vertel my ek is Sy kind
En met siele-vreug het Hy my verheug
Soos niemand hier ondervind
En met siele-vreug het Hy my verheug
Soos niemand hier ondervind

LIED 10 - SAGGIES EN TEER IS DIE ROEPSTEM VAN JESUS

Saggies en teer is die roepstem van Jesus
Hy roep vir jou en vir my
Hy staan en wag aan die deur van ons harte
Wag daar vir jou en vir my

KOOR:
Kom tuis, kom tuis
Almal wat moeg is kom tuis
Saggies en teer klink die roepstem van Jesus
Hy roep o, sondaar kom tuis

Waarom dan uistel wyl die Heiland so pleit
Pleit daar vir jou en vir my
Waarom dan wag en verwerp al Sy goedheid
Goedheid vir jou en vir my

KOOR:
Kom tuis, kom tuis
Almal wat moeg is kom tuis
Saggies en teer klink die roepstem van Jesus
Hy roep o, sondaar kom tuis

Saggies en teer is die roepstem van Jesus
Hy roep vir jou en vir my
Hy staan en wag aan die deur van ons harte
Wag daar vir jou en vir my

KOOR: x2
Kom tuis, kom tuis
Almal wat moeg is kom tuis
Saggies en teer klink die roepstem van Jesus
Hy roep o, sondaar kom tuis
Hy roep o, sondaar kom tuis x3

LIED 11 - JESUS HOU MY BY DIE KRUIS

Jesus hou my by die kruis
Die fontein van lewe
Wat daar vloei vir almal vry
Van Sy lydingsheuwel

KOOR:
In die kruis x2
Sal ek roem vir ewig
Tot my siel ook daar sal rus
Waar ons ewig lewe

By die kruis het ek gebeef
Daar red my Sy liefde
En daar skyn die môrester
Heerlik in my lewe

KOOR:
In die kruis x2
Sal ek roem vir ewig
Tot my siel ook daar sal rus
Waar ons ewig lewe

Daardie kruis o Lam van God
Hou Sy glorie voor my
Laat my lewe elke dag
Met Sy skadu oor my

KOOR:
In die kruis x2
Sal ek roem vir ewig
Tot my siel ook daar sal rus
Waar ons ewig lewe
Tot my siel ook daar sal rus
Waar ons ewig lewe

LIED 12 - BLYE VERSEKERING

Blye versekring Jesus is myn
O, watter vreugde heerlik en rein
Wedergebore rein deur Sy bloed
Smaak ek Sy vrede in my gemoed

KOOR:
Dit is my roemtaal dit is my lied
Lof wat ek Jesus ewig sal bied
Dit is my roemtaal dit is my lied
Lof wat ek Jesus ewig sal bied

Volle berusting hoe swaar my lot
Heil’ge verrukking, blye genot
Eng’le wat herwaarts boodskappe dra
Tydings van liefde vrye gena

KOOR: x3
Dit is my roemtaal dit is my lied
Lof wat ek Jesus ewig sal bied
Dit is my roemtaal dit is my lied
Lof wat ek Jesus ewig sal bied

LIED 13 - BLY BY MY HEER

Bly by my Heer terwyl die skadu’s daal
Laat tog U lig my donker pad bestraal
Daar is geen ander hulp of troos vir my
Wees tog o troue Helper wees by my

En as my lewenslig begin te kwyn
En wêreld met sy glans en prag verdwyn
Verand’ring en bederf sien ek om my
O, Heer wat nooit verander bly by my

Bly tog nie net ‘n enkel uur o Heer
Maar soos met U dissipels van weleer
Vertoef o Heer gaan tog nie gou verby
Wil U inkom vertoef en by my bly

Bly by my Heer terwyl die skadu’s daal
Laat tog U lig my donker pad bestraal
Daar is geen ander hulp of troos vir my
Wees tog o troue Helper wees by my

Teksdokumente is ook beskikbaar. Kliek net hier onder om die lirieke af te laai maw die teksformaat van 'n lied.

 
 

 

 

 

Home/Tuis
Up/Op
SOUT 4
Krokkie Vol1

 


 

 

 

Werfkaart
Site Map

Musiekwinkel
Music Store

 

 

 

 

 

 


SitemapWerfkaartHome/TuisUp/OpSOUT 4Krokkie Vol1

ARK Web Design (Roses in Vase) * ARK Webontwerp (Rose in Vaas)

ADSA Advertensies

ARK Webontwerp sedert 1998
ARK Web Design since 1998

Artists at Piazza
Kunstenaars by Piazza

ARKpark.info

Swallow Software, Calgary, Canada
Swallow Software

ARK Web Design © 2015 - 2023
ARK Webontwerp © 2015 - 2023

Meer inligting oor Bybelhulpmiddels

Bekering

'n Christen

Bybelteks

Bible Text