Gospel singer Riana Mouton (Website designed by ARK) * Gospelsanger Riana Mouton (Webwerf ontwerp eur ARK)

SitemapWerfkaartHome/TuisUp/OpSOUT 4Krokkie Vol1

Updated: February 7, 2023 ** Opgedateer: 7 Februsrie 2023

doc\Lirieke\text\LiriekeRianaMoutonEnKrokkieVol1.txt
 
English

Lirieke: Riana Mouton en Krokkie Volume 1

Lirieke vir Riana Mouton en Krokkie Volume 1

Riana Mouton en Krokkie Volume 1

Snit 1
Titel: Gooi Mielies

Skrifverwysings: Matt 13, Mark 4 en Luk 8
Erkenning: Musiek en Lirieke deur Riana Mouton © 2016

Gooi Mielies

Gooi mielies, al lyk die planttyd ongunstig
Gooi mielies, al sien jy net dorings en dissels
Die saad sal langs die pad bly val – word fyn getrap of weg gedra
Gooi mielies, want dalk is die grond reeds bewerk
Gooi mielies, want dalk val daar reën op die plek
Want dis God wat self die groei bepaal, al sy jy self nooit die oes afhaal

Die opdrag is om uit te dra, die Woord wat groei om vrug te dra
Maar die taak is swaar en baie onvoorspelbaar
Om Sy wil te doen, om aan te hou
Om te bly vertrou, Hy is getrou!
Sy liefde maak ons sterk en so onstuitbaar!!

Gooi mielies, al lyk die planttyd ongunstig
Gooi mielies, al sien jy net dorings en dissels
Die saad sal langs die pad bly val – word fyn getrap of weg gedra
Gooi mielies, want dalk is die grond reeds bewerk
Gooi mielies, want dalk val daar reën op die plek
Want dis God wat self die groei bepaal, al sy jy self nooit die oes afhaal

Gooi mielies dis die opdrag, Gooi mielies elke dag
Gooi mielies elke oomblik in die dag of in die nag

GOOI MIELIES!!!

***************************************************************
Snit 2
Titel: Die Wapenrusting

Skrifverwysing: Ef 6: 13-18
Erkenning: Musiek en Lirieke deur Riana Mouton © 2016

KOOR: Trek aan die wapenrusting Die volle wapenrusting
Dat jy in tawwe tye steeds stewig staan
Trek aan die wapenrusting Die volle wapenrusting

Omgord jou heupe met die waarheid, soos ‘n beld moet jy dit dra
en die borswapen van vryspraak en geregtigheid
Trek aan die skoene van bereidheid om die Boodskap uit te dra
Houvas die skild van geloof en jy sal vas staan
Maak vas die helm van verlossing, neem die swaard van die Gees
en onthou om vir mekaar te bid… en die Woord van God te lees!

****************************************************
Snit 3
Titel: Die Krokodil (Song vir Krokkie)
Skrifverwysing: Job 40:20 – Job 41:25

Erkennig: Lirieke en musiek deur Riana Mouton © 2014)

1. ‘n Eienaardige dier is die krokodil
met sy vlymskerp bek en sy knoppies-skil
lê hy heeldag langs die watergat en bak
Die rustigheid self die moet jy weet
selfs die voëltjies kan uit sy mond uit eet
min gepla oor wat die wêreld om hom doen
(du-du-du-du)Maar een ding moet jy mooi verstaan
(du-du-du-du)as hy rede vind om op te staan..... (du-du-du-du)

KOOR: O krokodil (kro-kie-kro-ko-dil), o krokodil (kro-kie-kro-ko-dil)
sleep jou sorge na die water, doen dit nou en wag nie later (kro-kie-kro-ko-dil)
O krokodil (kro-kie-kro-ko-dil) o krokodil (kro-kie-kro-ko-dil)
want die Bybel sê maak gou, daar’s geen beter tyd as nou
bring jou lewe na die water

2. Die Woord van die Here sê tog duidelik daar
ons moet in vrede leef met liefde vir mekaar
ons moet selfs mekaar se swaarste laste dra
Lankmoedig wees, nie net die slegste vrees
‘n antwoord gee met ‘n sagte gees
nie mekaar die heeltyd oordeel na die vlees
(du-du-du-du)Maar die opdrag is “dissipels maak”
(du-du-du-du)so rol op jou moue, bid en waak... (du-du-du-du)

KOOR: O krokodil (kro-kie-kro-ko-dil), o krokodil (kro-kie-kro-ko-dil)
sleep jou sorge na die water, doen dit nou en wag nie later (kro-kie-kro-ko-dil)
O krokodil (kro-kie-kro-ko-dil) o krokodil (kro-kie-kro-ko-dil)
want die Bybel sê maak gou, daar’s geen beter tyd as nou
bring jou lewe na die water

KOOR: O krokodil (kro-kie-kro-ko-dil), o krokodil (kro-kie-kro-ko-dil)
sleep jou sorge na die water, doen dit nou en wag nie later (kro-kie-kro-ko-dil)
O krokodil (kro-kie-kro-ko-dil) o krokodil (kro-kie-kro-ko-dil)
want die Bybel sê maak gou, daar’s geen beter tyd as nou
bring jou lewe na die water

want die Bybel sê maak gou, daar’s geen beter tyd as nou
bring jou lewe na die water
(kro-kie-kro-ko-di-il, kro-kie-kro-ko-di-il)

****************************************************
Snit 4
Titel: My God is so groot

Erkenning: Vertalingskopiereg Riana Mouton 2017

My God is so groot, so sterk en so magtig, Daar’s niks wat my God nie kan doen
My God is so groot, so sterk en so magtig, Daar’s niks wat my God nie kan doen
Die berge maak Hy, die riviere daarby, Die see en alles daarin
My God is so groot, so sterk en so magtig, Daar’s niks wat my God nie kan doen.

My God is so groot, so sterk en so magtig, Daar’s niks wat my God nie kan doen
My God is so groot, so sterk en so magtig, Daar’s niks wat my God nie kan doen
Die berge maak Hy, die riviere daarby, Die see en alles daarin
My God is so groot, so sterk en so magtig, Daar’s niks wat my God nie kan doen.

****************************************************
Snit 5
Titel: Boeke van die Bybel

Erkenning: Tradisioneel. Hierdie verwerking deur Jan de Wet © MAR Gospel Music Publishers

Genesis, Exsodus, Levitikus, Numeri,
Deuteronomium, Jusua, Rigters, Rut
1 Samuel, 2 Samuel, 1 en 2 Konings,
1 en 2 Kronieke

Esra, Nehemia, Ester, Job,
Psalms, Spreuke, Prediker, Hooglied,
Jesaja, Jeremia, Klaaglied(ere), Esegiël,
Daniël, Hosea, Joël

Amos, Obadja, Jona, Miga,
Nahum, Habakuk, Sefanja, Haggai,
Sagaria en Maleagi
Dit is die Ou Testament

Matteus, Markus, Lukas, Johannes,
Handelinge en Romeine,
1 en 2 Korintiërs,
Galasiërs en Efesiërs

Filippense, Kolossense,
1 en 2 Tessalonisense,
1 en 2 Timoteus,
Titus en Filemon

Hebreërs, Jakobus, 1 en 2 Petrus,
1 en 2 en 3 Johannes,
Judas en Openbaring
Dit is die Nuwe Testament

***********************************************
Snit 6:
Titel: U is my Helper
Skrifverwysings: Heb 13:6, Psalm 118: 1-9 en Rom 8:31

Erkenning: Retief Burger (URIAL Publishing)

U goedheid en liefde Vader, staan steeds deur al die jare
U sal my nooit vergeet nie, nooit verlaat nie.
U goedheid en liefde Vader, staan steeds deur al die jare
U sal my nooit vergeet nie, nooit verlaat nie.

Wie kan dan teen my wees, as Christus vir my is
Wie kan dan teen my wees, as Christus vir my is

U is my Helper, wie sal ek vrees
U is my Helper, U sal altyd daar wees
U is my Helper, wie sal ek vrees
U is my Helper, U sal altyd daar wees
…altyd daar wees

Ek sal nie vrees, ek sal nie vrees, ek sal vir niemand bang wees nie

Ek sal nie vrees, ek sal nie vrees, ek sal vir niemand bang wees NIE

************************************
Snit 7
Titel: Habakuk 3
Skrifverwysing: Habakuk 3:17 – 19

Al sou die vyeboom nie bot nie, en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie
Al sou die olyf-oes misluk, en die lande geen oes lewer nie
Al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie
en die beeskrale sonder beeste wees
Nogtans sal ek in my Here jubel, sal ek juig in God my Redder

KOOR: Die Here my God gee vir my krag
Hy maak my voete soos die van ‘n ribbok
Op hoë plekke laat Hy my veilig loop
Die Here my God gee vir my krag

OORGANG: En al sou dit donker wees hier rondom my
En dit voel of U hand verwyder is van my, Sal ek op U vertou

KOOR: Die Here my God gee vir my krag
Hy maak my voete soos die van ‘n ribbok
Op hoë plekke laat Hy my veilig loop
Die Here my God gee vir my krag
Hy maak my voete soos die van ‘n ribbok
Op hoë plekke laat Hy my veilig loop

KOOR: Die Here my God gee vir my krag
Hy maak my voete soos die van ‘n ribbok
Op hoë plekke laat Hy my veilig loop
Die Here my God gee vir my krag
Hy maak my voete soos die van ‘n ribbok
Op hoë plekke laat Hy my veilig loop

Op hoë plekke laat Hy my veilig loop
Op hoë plekke laat Hy my veilig loop

**********************************************
Snit 8
Titel: Filippense 4

Filippense 4:4 sê Verbly jou in die Here
Filippense 4:4 sê Verbly jou in die Here
Verbly jou, verbly jou, verbly jou in die Heer
Verbly jou, verbly jou , verbly jou in die Heer

Filippense 4:5 sê Die Here is naby
Filippense 4:5 sê Die Here is naby
Hy’s naby, so naby, die Here is naby
Hy’s naby, so naby, die Here is naby

Filippense 4:6 sê Wees oor niks besorg
Filippense 4:6 sê Wees oor niks besorg
Oor niks nie, oor niks nie, wees oor niks besorg
Oor niks nie, oor niks nie, wees oor niks besorg

Filippense 4:7 sê Hy sal Sy vrede gee
Filippense 4:7 sê Hy sal Sy vrede gee
Sy vrede aan julle, Hy sal Sy vrede gee
Sy vrede aan julle, Hy sal Sy vrede gee
_
(daar is nog ‘n mooi versie in Filippense 4 kom ons leer dit gou:)

Filippense 4:13 sê Ek is tot alles instaat
Filippense 4:13 sê Ek is tot alles instaat
Deur Hom wat my krag gee, is ek tot alles instaat
Deur Hom wat my krag gee, is ek tot als instaat
_
(ai maar dis ‘n lekker liedjie hierdie - kom ons sing hom weer - oukei)

Filippense 4:4 sê Verbly jou in die Heer
Filippense 4:4 sê Verbly jou in die Heer
Verbly jou, verbly jou, verbly jou in die Heer
Verbly jou, verbly jou , verbly jou in die Heer

(yes maar dis lekker)

*****************************************
Snit 9
Titel: Johannes 3 : 16
(Keurspel Tradisioneel)
Erkenning: Liedboek 329

Want so lief het God die wêreld gehad
dat Hy sy enigegebore Seun gegee het,
gegee het,
sodat elkeen wat in Hom glo
nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê!

Want so lief het God die wêreld gehad
dat Hy sy enigegebore Seun gegee het,
gegee het,
sodat elkeen wat in Hom glo
nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê!

God het ons baie baie lief, God het ons baie baie lief
Daarom het Jesus gesterf sodat ons die lewe kan erf
God het ons baie baie baie baie baie baie baie baie
baie baie baie baie baie baie baie baie
baie baie lief!

Johannes 3:16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
*************************************
Snit 10
Titel: Hierdie klein liggie van my

Hierdie klein liggie van my – ek sal dit laat skyn
Hierdie klein liggie van my – ek sal dit laat skyn
Hierdie klein liggie van my – ek sal dit laat skyn
Laat dit skyn, laat dit skyn, laat dit skyn

Hierdie klein liggie van my – ek sal dit laat skyn
Hierdie klein liggie van my – ek sal dit laat skyn
Hierdie klein liggie van my – ek sal dit laat skyn
Laat dit skyn, laat dit skyn, laat dit skyn

Op ‘n Maandag - laat ek my liggie skyn
Op ‘n Dinsdag – Laat ek my liggie skyn
Op ‘n Woensdag – Laat ek my liggie skyn
Op ‘n Donderdag – o ja-ja
Op ‘n Vrydag – Laat ek my liggie skyn
Op ‘n Saterdag – Laat ek my liggie skyn
Op ‘n Sondag saam kan ons die Here loof en ons liggies helder laat skyn!

Hierdie “spotlight” van my – ek sal dit laat skyn
Hierdie “spotlight” van my – ek sal dit laat skyn
Hierdie “spotlight” van my – ek sal dit laat skyn
Laat dit skyn, laat dit skyn, laat dit skyn

(Toonhoogte verandering)

Hierdie klein liggie van my – ek sal dit laat skyn
Hierdie klein liggie van my – ek sal dit laat skyn
Hierdie klein liggie van my – ek sal dit laat skyn
Laat dit skyn, laat dit skyn, laat dit skyn

Op ‘n Maandag - laat ek my liggie skyn
Op ‘n Dinsdag – Laat ek my liggie skyn
Op ‘n Woensdag – Laat ek my liggie skyn
Op ‘n Donderdag – o ja-ja
Op ‘n Vrydag – Laat ek my liggie skyn
Op ‘n Saterdag – Laat ek my liggie skyn
Op ‘n Sondag saam kan ons die Here loof en ons liggies helder laat skyn!

Hierdie klein liggie van my – ek sal dit laat skyn
Hierdie klein liggie van my – ek sal dit laat skyn
Hierdie klein liggie van my – ek sal dit laat skyn
Laat dit skyn, laat dit skyn, laat dit skyn

Laat dit skyn, laat dit skyn, laat dit skyn

Laat dit skyn, laat dit skyn, laat dit skyn
*****************************************************************
Snit 11
Titel: Borrel-liedjie

Erkenning: Dit borrel hier binne in my (Riana Mouton)

Dit borrel, borrel hier binne my
Borrel, borrel hier binne my
Borrel, borrel hier binne
Dit borrel hier binnekant my

Ek sing van Jesus se liefde
Ek sing van Jesus se liefde
Ek sing van Jesus se liefde
Ek sing van Sy liefde vir my

Dit borrel in my want ek is so bly, Jesus het my lief
vir my’t Hy gesterf en gered van verderf, Ja Jesus het my lief
Sy liefde so groot red my van die dood Jesus het my lief
Dit borrel alweer en ek kan dit nie keer, Ja Jesus het my lief
Dit borrel in my want ek is so bly, Jesus maak my lewe vry
Hy neem weg my sondeskuld
Dit borrel dit borrel in my

Ek sal vir niks ooit weer bang wees nie
Sal vir niks ooit weer bang wees nie
Sal vir niks ooit weer bang wees
Want Jesus beskerm vir my

Ek sal vir almal vertel van Hom
Sal vir almal vertel van Hom
Sal vir almal vertel dat my
Jesus woon binnekant my

Dit borrel in my want ek is so bly, Jesus het my lief
vir my’t Hy gesterf en gered van verderf, Ja Jesus het my lief
Sy liefde so groot red my van die dood Jesus het my lief
Dit borrel alweer en ek kan dit nie keer, Ja Jesus het my lief
Dit borrel in my want ek is so bly, Jesus maak my lewe vry
Hy neem weg my sondeskuld
Dit borrel dit borrel in my

Dit borrel in my want ek is so bly, Jesus maak my lewe vry
Hy neem weg my sondeskuld
Dit borrel dit borrel dit borrel in my… Dit borrel dit borrel in my.

******************************************************
Snit 12
Titel: Huppel, Huppel, Hop, Hop

Erkenning: Johannes Joubert (FLAM MUSIEK)

Huppel, huppel, hop, hop
Huppel, huppel, hop, hop
Die Woord is in my kop, hop
Die Gees is in my hart, klap
Die lewe is ‘n fees
Al kan dit dalk soms moeilik wees
Maar Jesus het betaal
In my plek het Hy betaal
En eendag kom Hy weer ‘n keer
Hy kom om my te haal
Ek daarom… sal ek

Huppel, huppel, hop, hop
Huppel, huppel, hop, hop
Die Woord is in my kop, hop
Die Gees is in my hart, klap
Die lewe is ‘n fees
Al kan dit dalk soms moeilik wees
Maar Jesus het betaal
In my plek het Hy betaal
En eendag kom Hy weer ‘n keer
Hy kom om my te haal
Ek daarom…

(Instrumentaal)

Huppel, huppel, hop, hop
Huppel, huppel, hop, hop
Die Woord is in my kop, hop
Die Gees is in my hart, klap
Die lewe is ‘n fees
Al kan dit dalk soms moeilik wees
Maar Jesus het betaal
In my plek het Hy betaal
En eendag kom Hy weer ‘n keer
Hy kom om my te haal
Ek daarom… sal ek

Huppel, huppel, hop, hop
Huppel, huppel, hop, hop
Huppel, huppel, hop, hop, hop

*******************************************************
Snit 13
Titel: Loof Hom Keurspel
Skrifverwysing: Psalm 150

Loof Hom met die tromme, loof Hom met die harp
Loof Hom met die klinkende simbale
Alles wat asem het, loof loof die Here
Alles wat asem het, loof loof die Heer

Loof Hom met die tromme, loof Hom met die harp
Loof Hom met die klinkende simbale
Alles wat asem het, loof loof die Here
Alles wat asem het, loof loof die Heer

Kyk hoedat die voëltjies vlieg, sommer so hoog daarbo
God laat al die voëltjies vlieg, hoog daar bo
Hy doen soveel meer vir my, ek sal altyd dankbaar bly
En my nie bekommer nie, Hy’s by my

Kyk hoe dat die voëltjies vlieg, sommer so hoog daarbo
God laat al die voëltjies vlieg, hoog daar bo
Hy doen soveel meer vir my, ek sal altyd dankbaar bly
En my nie bekommer nie, Hy’s by my

Praat ek mense-engle tale, maar dis nie uit liefde nie
Is my woorde hol simbole, klanke sonder melodie
Al kan ek geheime uitlê, berge deur geloof versit
Of al het ek al die kennis, sonder liefde is ek niks

Soek allereers die Koningkryk van God, soek na die wil van die Heer
Alles wat nodig is sal die Vader dan, vir julle gee uit Sy oorvloed
Halleluja, hallelujah, hallelujah, amen, amen

Soek allereers die Koningkryk van God, soek na die wil van die Heer
Alles wat nodig is sal die Vader dan, vir julle gee uit Sy oorvloed
Halleluja, hallelujah, hallelujah, amen, amen

************************************************************
Snit 14
Titel: Bad Guys

Erkenning: Quinten Pendle

As iemand jou nader wink en hy kyk na jou met ogies wat blink
Moet jy dalk bietjie dink – bo blink en onder stink
Moet jy dalk jouself afvra, is hierdie ou veilig en goed vir jou mmmm
Moenie sommer saam met iemand ry veral as jy nie weet waar hy bly
Moenie glo wat hy jou tune want jy weet nie wat hy aan jou kan doen
Hulle spike jou lekkergoed en fix jou mix en jy kom op ‘n high en word gehook
en voor jy jou kan kry moet jy steel om aan die lewe te bly

Pasop vir die bad guys, al lyk hulle hoe nice
As jy iemand nie ken nie, moenie glo wat hy sê nie – bly weg
Pasop vir die duiwel, want hy laat jou twyfel
Met al die nonsense wat hy praat gee hy jou verkeerde raad en dis sleg

Oppas vir die duiwel, die slinkse kalland
Sonder Jesus is jy gladnie teen hom bestand
Die duiwel gebruik die goed waarvan jy hou om ‘n muur tussen jou en God te bou
Hy leer jou om goed in die donker te doen
Maar Jesus is die waarheid die weg en die lig
As die duiwel Hom sien moet hy baie baie vinnig vlug

Pasop vir die bad guys (posop vir die bad bad guys), al lyk hulle hoe nice (mmm)
As jy iemand nie ken nie, moenie glo wat hy sê nie – bly weg (bly verseker weg)
Pasop vir die duiwel (pasop vir die duiwel), want hy laat jou twyfel (hy laat jou twyfel)
Met al die nonsense wat hy praat gee hy jou verkeerde raad en dis sleg

Pasop vir die bad guys, al lyk hulle hoe nice
As jy iemand nie ken nie, moenie glo wat hy sê nie – bly weg
Pasop vir die duiwel, want hy laat jou twyfel
Met al die nonsense wat hy praat gee hy jou verkeerde raad en dis sleg

Met al die nonsense wat hy praat gee hy jou verkeerde raad en dis sleg
Met al die nonsense wat hy praat gee hy jou verkeerde raad en dis sleg

Snit 15
Titel: My God is so groot

Erkennings

Gooi Mielies – Riana Mouton © 2016
Die Wapenrusting – Riana Mouton © 2016
Die Krokodil (Song vir Krokkie) – Riana Mouton © 2016
My God is so groot – Vertalingskopiereg Riana Mouton 2016
Boeke van die Bybel – Verwerking in 2010 deur Jan de Wet © MAR Gospel Music Publishers
U is my Helper – Retief Burger (URIAL Publishing)
Johannes 3 : 16 – Liedboek 329
Dit borrel hier binne my – Verwerkingskopiereg deur Riana Mouton 2015
Huppel, Huppel, Hop, Hop – Johannes Joubert (Flam Musiek) F322
Rubriek: Flammikidz – Geloof, Vertroue en Toekomsverwagting
Teks en Musiek: Johannes Joubert Kopiereg FLAM Musiek Uitgewers
Opgeneem op die FLAM CD F-Luister
Loof Hom Keurspel F117. Loof Hom met die tromme
(RUBRIEK: Flammikids uit bestaande bundels – Lof)
Musiek: Tradisioneel
Teks: Verwerk en aangevul deur AP van der Colf © 1984 AJK
(Opgeneem in Jeugsangbundel I)
F115. Kyk Hoedat Die Voëltjies Vlieg
(RUBRIEK: Flammikids uit bestaande bundels – Lof)
Oorspronklik: Why Not I
Teks en Musiek: JW Peterson en S.V.R. Ford © 1956 Renewed 1984 John W. Peterson Music Company
Afrikaanse Vertaling: © 1993 AP van der Colf (Opgeneem in Jeugsangbundel II)
Liedboek 530 – 1 Kor 13
Teks: Attie van der Colf © 1984, 2001
Melodie: Ode an die Freude – Ludwig van Beethoven 1824 (ritmies aangepas)
Liedboek 471 – Matt 6:33
Teks: Seek ye first – Karen Lafferty © 1972; Afrikaanse weergawe Jan de Wet © 1981. Melodie: Karen Laferty © 1972 (Kanon) Maranatha! Music, VSA.
Met toestemming gebruik (teks in hierdie vertaling en melodie).

Teksdokumente is ook beskikbaar. Kliek net hier onder om die lirieke af te laai maw die teksformaat van 'n lied.

Home/Tuis
Up/Op
SOUT 4
Krokkie Vol1

Werfkaart
Site Map

Musiekwinkel
Music Store

SitemapWerfkaartHome/TuisUp/OpSOUT 4Krokkie Vol1

ARK Web Design (Roses in Vase) * ARK Webontwerp (Rose in Vaas)

ADSA Advertensies

ARK Webontwerp sedert 1998
ARK Web Design since 1998

Artists at Piazza
Kunstenaars by Piazza

ARKpark.info

Swallow Software, Calgary, Canada
Swallow Software

ARK Web Design © 2015 - 2023
ARK Webontwerp © 2015 - 2023

Meer inligting oor Bybelhulpmiddels

Bekering

'n Christen

Bybelteks

Bible Text