Gospel singer Riana Mouton (Website designed by ARK) * Gospelsanger Riana Mouton (Webwerf ontwerp eur ARK)

SitemapWerfkaartHome/TuisUp/OpMeer oor RianaRepertoireGetuienisBoekeCD's en DVD'sVideo'sGebeureGaskunstenaarsFoto'sNavraeKontak

Updated: February 7, 2023 ** Opgedateer: 7 Februsrie 2023

 

 

 
English

 

 

 


Groter weergawe

Riana Mouton

Woord-in-Sang-Bediening

En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na Sy voorneme geroep is.
Romeine 8:28

Riana Mouton het van kleins af 'n brandende begeerte gehad om vir Koning Jesus te sing. Nadat sy tydens talentkompetisies soos Radio Pretoria se "Musiek en Liriek" en Radiokansel se "Tehilah", baie goed gevaar het, en ook in verskeie groepe soos die internasionale
"The Continentals" en die ou bekende groep
"Jubelatum Sangers" gesing, opgetree en opnames gedoen het, het die deure vir 'n solo-loopbaan in sang en in Woordbediening oopgegaan.

In 2011 het Riana se eerste solo-album "Niemand soos HY" verskyn. Sedertdien het sy nie alleen duisende kilometers reg oor Suid-Afrika gereis om die Evangelie van Hoop en Liefde te verkondig nie, maar was ook deel van verskeie kompilasie-albums.

Net nadat haar splinternuwe solo-CD met die titel "Maak 'n VERSKIL" die lig gesien het, het sy sommer dadelik aan nog twee kompilasie-albums begin werk.

Riana se musiek word steeds op verskeie radiostasies gespeel en musiekvideo's is op Kruiskyk TV en die KykNet Musiekkanaal te sien.

Op die album "Maak 'n VERSKIL" is die trefferlied "KROKODIL" wat Riana vir Rooies Strauss geskryf het. Hierdie lied speel reeds 'n geruime tyd op Kruiskyk TV. Riana het ook die voorreg gehad om op hierdie CD 'n duette saam met die bekende en geliefde Willie Botha te kon opneem.

Op die "Maak 'n VERSKIL"-CD, deel Riana liede uit haar hart en uit haar eie pen. Elke lied dra 'n Bybelse boodskap wat spreek van God se almag, te midde van ons gebreke… van God se volmaaktheid, te midde van ons onvermoë. 

Met die gepaste titelsnit "Maak 'n VERSKIL" spoor Riana dan ook die kinders van God aan, om meer en meer 'n getuie vir Hom te wees.

Kontak haar gerus indien u van hierdie bediening wil gebruik maak of enige soort byeenkoms beplan, hetsy 'n erediens, 'n damestee, 'n middel-van-die-weekbyeenkoms, jeugbyeenkomste, funksies vir bejaardes, feeste, 'n uitreiking of wat ookal. Riana se liedere strek oor 'n breë spektrum iets waarna oud en jonk sal luister.

Plakkate is vooraf beskikbaar as u dit by u geleentheid waar Riana moet optree, wil gebruik. Stuur sommer 'n eposnavraag of skakel as u van die plakkate wil bekom. Ander mediahulpmiddels is ook beskikbaar by die Mediaportaal.

Dit is Riana se hartsbegeerte om stukkende en gebroke mense, deur sang, die pad na God se Troon aan te wys; om daar by Jesus se voete, elke las af te lę en ons tekortkominge te bely. Om net weer te besef wie en wat ons in Christus is, dat die prys reeds betaal is en dat daar geen einde aan Sy Liefde is nie. Dan kan ons vernuwe en doelgerig hierdie wedloop betree.

Riana sę:
"Ek vertrou dat wanneer mense na my kyk, sien hulle 'n gewone mens net soos hulle, met dieselfde probleme en dieselfde uitdagings. MAAR dat hulle ook sal sien, dat ons Vader na harte kyk, en na ons bereidwilligheid om vir Hom 'n verskil te maak in hierdie węreld. Die Here is in staat om ook 'n pragtige wonderwerk in jou lewe te doen."

 
 

 

 

 

Home/Tuis
Up/Op
Meer oor Riana
Repertoire
Getuienis
Boeke
CD's en DVD's
Video's
Gebeure
Gaskunstenaars
Foto's
Navrae
Kontak

 


 

 

 

Werfkaart
Site Map

Musiekwinkel
Music Store

 

 

 

 

 

 


SitemapWerfkaartHome/TuisUp/OpMeer oor RianaRepertoireGetuienisBoekeCD's en DVD'sVideo'sGebeureGaskunstenaarsFoto'sNavraeKontak

ARK Web Design (Roses in Vase) * ARK Webontwerp (Rose in Vaas)

ADSA Advertensies

ARK Webontwerp sedert 1998
ARK Web Design since 1998

Artists at Piazza
Kunstenaars by Piazza

ARKpark.info

Swallow Software, Calgary, Canada
Swallow Software

ARK Web Design © 2015 - 2023
ARK Webontwerp © 2015 - 2023

Meer inligting oor Bybelhulpmiddels

Bekering

'n Christen

Bybelteks

Bible Text