Gospel singer Riana Mouton (Website designed by ARK) * Gospelsanger Riana Mouton (Webwerf ontwerp eur ARK)

SitemapWerfkaartHome/TuisUp/OpMeer oor RianaRepertoireGetuienisBoekeCD's en DVD'sVideo'sGebeureGaskunstenaarsFoto'sNavraeKontak

Updated: February 7, 2023 ** Opgedateer: 7 Februsrie 2023

 

 

 
English

 

 


Riana en Pieter Mouton
Groter weergawe

Riana se Getuienis

 Daarom, as iemand in Christus is, is hy 'n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk,
dit het alles nuut geword.

2 Korinthiërs 5:17

Ek het op baie jong ouderdom my hart en lewe vir Jesus gegee, en van daardie dag af wou ek net sing en net vir Jesus sing!

Dit was altyd so lekker om talentkompetisies te kon wen met "liedjies van die kerk".
In matriek was ek finalis in Radiokansel se Tehilah Sangkompetisie en het net na skool as lid van die internasionale groep "The Continentals" 'n toer deur Suid-Afrika gedoen. Daarna het ek by die Jubilatum Sangers aangesluit en ook 'n CD saam met hulle op-geneem.

Net daarna het ek deur 'n baie moeilike tyd in my lewe gegaan, maar ek prys die Here dat Hy steeds gedagtes aangaande my gekoester het en net gewag het dat ek terugkeer na Hom, sodat Hy my 'n hoopvolle toekoms kon gee. Vandag kan ek getuig van Sy grootheid en goedheid, van Sy onverdiende oorvloedige Liefde, en dat Hy steeds vandag vergewe en wonderwerke in lewens doen!

Ek het weer betrokke geraak by voorsang in my gemeente en soms by dames-tee's en spesiale geleenthede bedien met sang. Die Here het vir my deure begin oopmaak om hierdie bediening meer en meer te kon uitleef, totdat ek uiteindelik vanaf 2011 voltyds kon bedien. In daardie selfde jaar is ek aangewys as naaswenner van die Musiek en Liriek-kompetisie op Radio Pretoria en het ek ook my eerste volledige solo-CD opgeneem en begin toer met "Niemand soos HY". Daarna het 'n hele paar kompilasie-albums gevolg, met sangers soos Willie Botha, Clemens Mans, Tania Berrangé, Leon Goosen, Tania Strauss, Dudley Mans, Eon de Bruin en andere.

My splinter nuwe solo-CD is reeds beskikbaar en omdat die meerderheid liede hierdie keer uit my eie pen kom, kan ek nie wag om dit met julle te deel nie. Hierdie boodskap van hoop en genade sal elkeen opnuut moed en krag gee vir die toekoms. My gebed is dat hierdie album "Maak 'n VERSKIL", die kinders van God sal aanspoor om gefokus te bly op dit wat ewigheidswaarde het.

Ek is ook so dankbaar vir 'n spesiale geskenk uit die Vader se hand, wat al vir meer as 8 jaar 'n groot vreugde in my lewe is: my man Pieter Mouton! My steunpilaar, klankman, liefde van my lewe en my beste vriend. Hy is die bewys van net nog 'n groot genadegawe wat die Here so onverdiend vir my gegee het, toe ek dit die minste verdien het, maar dit tog die nodigste gehad het… Dankie Vader!

Ons woon in die Vrystaat en is so bevoorreg dat die Here elke dag vir ons onderneem in hierdie Woord-in-Sangbediening.

Ons beweeg reg oor die land om hierdie blye Boodskap van Genade en Liefde aan moedelose, stukkende mense te verkondig en om die bruid van Christus aan te moedig om gefokus te bly en hierdie goeie stryd te stry!

Ek vertrou om u sommer binnekort te mag ontmoet.

Wees Geseën en Maak 'n Verskil

 
 

 

 

 

Home/Tuis
Up/Op
Meer oor Riana
Repertoire
Getuienis
Boeke
CD's en DVD's
Video's
Gebeure
Gaskunstenaars
Foto's
Navrae
Kontak

 


 

 

 

Werfkaart
Site Map

Musiekwinkel
Music Store

 

 

 

 

 

 


SitemapWerfkaartHome/TuisUp/OpMeer oor RianaRepertoireGetuienisBoekeCD's en DVD'sVideo'sGebeureGaskunstenaarsFoto'sNavraeKontak

ARK Web Design (Roses in Vase) * ARK Webontwerp (Rose in Vaas)

ADSA Advertensies

ARK Webontwerp sedert 1998
ARK Web Design since 1998

Artists at Piazza
Kunstenaars by Piazza

ARKpark.info

Swallow Software, Calgary, Canada
Swallow Software

ARK Web Design © 2015 - 2023
ARK Webontwerp © 2015 - 2023

Meer inligting oor Bybelhulpmiddels

Bekering

'n Christen

Bybelteks

Bible Text