Gospel singer Riana Mouton (Website designed by ARK) * Gospelsanger Riana Mouton (Webwerf ontwerp eur ARK)

SitemapWerfkaartHome/TuisUp/OpMaak 'n VerskilNiemand soos Hy

Updated: February 7, 2023 ** Opgedateer: 7 Februsrie 2023

 

 

 
English

 

 

Maak 'n Verskil

Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.
Matthéüs 5:16

 
 

 

 

Maak 'n VERSKIL

CD Voor
   
Omslag
   
Lirieke
   

Kliek op duimnaels vir 'n groter weergawe

 

CD Titel: Maak 'n VERSKIL (2014)
Opgeneem by Crystal Music

Lys van liedere:

1. Maak 'n VERSKIL (Musiek en lirieke deur Riana Mouton ©2014)
   
 

Bybelvers: Filippense 3:14
Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is,
en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God
 in Christus Jesus.

   
2. Slagveld van ons tyd (Musiek en lirieke deur Riana Mouton ©2014)
 

Bybelvers: Efesiërs 6:12
Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede,
teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu,
teen die bose geeste in die lug.

   
3. Nagmaalslied (Musiek en lirieke deur Willie Joubert)
 

Bybelvers: 1 Johannes 1:9
As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.

   
4. Buig voor die Heer (Musiek en lirieke deur Riana Mouton ©2014)
 

Bybelvers: Efesiërs 3:14-19
Om hierdie rede buig ek my knieë voor die Vader van onse Here Jesus Christus,
van wie elke geslag in die hemele en op die aarde Sy naam ontvang, dat Hy aan julle mag gee na die rykdom van Sy heerlikheid om met krag versterk te word deur Sy Gees in die innerlike mens, sodat Christus deur die geloof in julle harte kan woon, julle wat in die liefde gewortel en gegrond is, en julle in staat kan wees om saam met al die heiliges ten volle te begryp wat die breedte en lengte en diepte en hoogte is, en die liefde van Christus te ken wat die kennis oortref, sodat julle vervul kan word tot al die volheid van God.

   
5. Iewers is Iemand (Musiek en lirieke deur Riana Mouton ©2014)
 

Bybelvers:Psalm 51:19
Die offers van God is 'n gebroke gees;
'n gebroke en verslae hart sal U, o God, nie verag nie!

   
6. Awesome verby (Musiek en lirieke deur Riana Mouton ©2014)
 

Bybelvers: Efesiërs 3:20 en 21
En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk, aan Hom die heerlikheid in die gemeente in Christus Jesus deur alle geslagte tot in ewigheid! Amen.

   
7. Ek loof U vir wie U is (Musiek en lirieke deur Lenór Cloete ©2010)
 

Bybelvers: Psalm 89:9
o HERE, God van die leërskare, wie is soos U? Grootmagtig is U,
o HERE, en u trou is rondom U!

   
8. God is Liefde (Oorspronklike musiek en lirieke deur AP van der Colf – Bybel Media. Aanpassing van die melodie deur Retief Burger)
 

Bybelvers: 1 Johannes 4:16
En ons het die liefde wat God tot ons het, leer ken en geglo. God is liefde;
en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom.

   
9. Krokodil (Song vir Rooies) (Musiek en lirieke deur Riana Mouton ©2014)
 

Bybelvers: Job 40:20 – Job 41:25
Want die berge lewer vir hom voer, en al die wilde diere van die veld speel daar.
Onder lotusbome lê hy, in 'n skuilplek van riete en moeras.
Lotusbome oordek hom as sy skaduwee, die rivierwilgers omring hom.
As die rivier swel—hy word nie verskrik nie; hy voel gerus, ook al bruis 'n Jordaan teen sy mond. Sal 'n mens hom gryp terwyl hy jou aankyk, met vangtoue sy neus deurboor? Kan jy die krokodil met 'n hoek uittrek? En met 'n tou sy tong afdruk?
Kan jy 'n tou van biesies in sy neus sit? En sy kakebeen met 'n haak deurboor?
Sal hy jou baie smeek? Of met jou spreek in sagte woorde?
Sal hy 'n verbond met jou sluit, dat jy hom vir altyd as slaaf aanneem?

   
10. Al die lof, aanbidding en ere (Musiek en lirieke "Be unto Your Name" deur Lynn de Shazo en Gary Sadler. Afrikaanse vertaling deur Jan de Wet ©1998)
 

Bybelvers: Openbaring 5:12
en met 'n groot stem het hulle gesê: Die Lam wat geslag is, is waardig om te ontvang die krag en rykdom en wysheid en sterkte en eer en heerlikheid en lof.

   
11. Wat Ek vir jou beplan (Musiek en lirieke deur Riana Mouton ©2014)
 

Bybelvers: Jeremia 29:11
Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle 'n hoopvolle toekoms te gee.

   
12. Sweef soos 'n arend (Duet gesing deur Riana Mouton en Willie Botha. Musiek en lirieke deur Mynie Grové)
 

Bybelvers: Jesaja 40:31
maar die wat op die HERE wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.

   

Meer oor hierdie CD

"Slagveld van ons tyd" het deurgedring na die volgende rondte van die Afrikaanse TV kanaal KykNet se AfriVisie Liedjieskryfkompetisie. Ongelukkig moes hierdie lied gediskwalifiseer word, omdat Riana reeds 'n staafkode op haar CD's aangebring het en dus volgens die reëls as 'n kommersiële sanger geklassifiseer word.

"Krokodil" (Song vir Rooies) is reeds vir 'n geruime tyd op Kruiskyk TV te sien, waar Rooies Strauss hierdie lied vir sy programme en in uitsendings gebruik.

Besoek Riana se Aanlynwinkel vir die aankope van CD's of musiekvideo's
   
Sien foto's in die Galery
 
 

 

 

Meer CD's en DVD's

 Besoek enige van die skakels hieronder om meer te lees.

   
   

   
   

   
 
 

 

 

 

Home/Tuis
Up/Op
Maak 'n Verskil
Niemand soos Hy

 


 

 

 

Werfkaart
Site Map

Musiekwinkel
Music Store

 

 

 

 

 

 


SitemapWerfkaartHome/TuisUp/OpMaak 'n VerskilNiemand soos Hy

ARK Web Design (Roses in Vase) * ARK Webontwerp (Rose in Vaas)

ADSA Advertensies

ARK Webontwerp sedert 1998
ARK Web Design since 1998

Artists at Piazza
Kunstenaars by Piazza

ARKpark.info

Swallow Software, Calgary, Canada
Swallow Software

ARK Web Design © 2015 - 2023
ARK Webontwerp © 2015 - 2023

Meer inligting oor Bybelhulpmiddels

Bekering

'n Christen

Bybelteks

Bible Text