Gospel singer Riana Mouton (Website designed by ARK) * Gospelsanger Riana Mouton (Webwerf ontwerp eur ARK)

SitemapWerfkaartHome/TuisUp/OpPieter MoutonA Prima VistaSouls For Jesus

Updated: February 7, 2023 ** Opgedateer: 7 Februsrie 2023

 

 

 
English

 

 

A Prima Vista Musiekskool

En die hele Israel het die verbondsark van die HERE gaan haal met gejuig en basuingeklank en met trompette en simbale,
onderwyl hulle musiek maak op harpe en siters.
1 Kronieke 15:28

AFFRETTANDO CON SPIRITO
Vorentoe met geesdrif

A Prima Vista Musiekskool staan onder bestuur van die skoolhoof, Clary Naude en is geleë in die pragtige landelike gebied van Heilbron in die Vrystaat.
 


A Prima Vista Musiekskoolstudent
Groter weergawe

Die naam van hierdie uitnemende musiekskool "A Prima Vista" beteken om vir die eerste keer van bladmusiek af te speel, dus om 'n musiekstuk te bladlees. Dit dui op jonk en oud wat vir die eerste keer self musiek maak en met musieknote in aanraking kom, meer daarvan wil leer en daarmee wil vorder.

 

   

Die simboliek van die skoolnaam dui die pragtige gesindheid waarmee dié mense van hierdie skool hul musiek bedryf. Dis ook nie net jongelinge of musiekleke wat by die skool mag aansluit nie. Persone wat reeds vroeër musiek gemaak het, kan ook aansluit. Daar is gulde geleentheid vir almal om heerlik musiek te maak en dit met ander te deel.

 


A Prima Vista Musiekskoolstudente
Groter weergawe

   


A Prima Vista Musiekskoolstudent
Groter weergawe

Met musiek is daar so baie om te leer en so baie om te beleef dat mens nie anders kan as om dringend versnellend (affrettando) en met geesdrif (con spirito) vorentoe te beweeg nie en van daar die skool se pragleuse: AFFRETTANDO CON SPIRITO.

   

Die Colla Parte Orkes wat sowat 10 lede het, gee gedurig uitvoerings en is deel van die musiekskool. Die musiekskool se leerlinge tree ook dikwels op tydens spesiale geleenthede soos troues, feeste, onthale en ander soortgelyke funksies.

A Prima Vista Musiekskool bied ook jaarliks ander belangrike geleenthede aan. Dit sluit in die volgende: Die Riemland Talentfees (waartydens die Ad Libitum internet Kompetisie ook plaasvind), Lentekonserte en Kerskonserte.


A Prima Vista Musiekskoolstudent
Groter weergawe

   


A Prima Vista Musiekskoolwenners
Groter weergawe

Die musiekskool A Prima Vista is puik en bied hoë gehalte musiekonderrig aan aan hul studente. Van so jonk as 4 jaar tot oud 70+ jaar kan aansluit by die skool en elke leerling geniet baie spesiale en individuele aandag. Opleiding in 'n verskeidenheid van instrumente soos klavier, kerkorrel, klawerbord, kitaar, blokfluit, trekklavier, trompet en viool word aangebied. Sanglesse word deur Riana Mouton aangebied.

   
 
 

 

 

 

Home/Tuis
Up/Op
Pieter Mouton
A Prima Vista
Souls For Jesus

 


 

 

 

Werfkaart
Site Map

Musiekwinkel
Music Store

 

 

 

 

 

 


SitemapWerfkaartHome/TuisUp/OpPieter MoutonA Prima VistaSouls For Jesus

ARK Web Design (Roses in Vase) * ARK Webontwerp (Rose in Vaas)

ADSA Advertensies

ARK Webontwerp sedert 1998
ARK Web Design since 1998

Artists at Piazza
Kunstenaars by Piazza

ARKpark.info

Swallow Software, Calgary, Canada
Swallow Software

ARK Web Design © 2015 - 2023
ARK Webontwerp © 2015 - 2023

Meer inligting oor Bybelhulpmiddels

Bekering

'n Christen

Bybelteks

Bible Text