Gospel singer Riana Mouton (Website designed by ARK) * Gospelsanger Riana Mouton (Webwerf ontwerp eur ARK)

SitemapWerfkaartHome/TuisUp/OpPieter MoutonA Prima VistaSouls For Jesus

Updated: February 7, 2023 ** Opgedateer: 7 Februsrie 2023

 

 

 
English

 

 

Souls for Jesus Netwerk

SOULS FOR JESUS NETWERK val onder die hoofliggaam SOULS FOR JESUS

Rooies Strauss het op 1 Desember 1992
begin met die bediening van SOULS FOR JESUS

Die SOULS FOR JESUS NETWERK is
tans besig met die volgende projekte:

   
SCHOOL OF FIRE
MIRACLE PLACE
CHRISTIAN FRONT
SCHOOL OF FIRE TV
TZILUM PRODUCTIONS
TANIEN CROCODILE FARM PROJECT

1. SCHOOL OF FIRE – School of Fire is gesetel op die Tanien Krokodilplaas langs die Oranjerivier, naby Grootdrink in die gebied Upington in Suid-Afrika. Hierdie studente-skool huisves tans 27 studente wat voltyds pastorale opleiding kry. Hulle doen ook toere en uitreikings reg oor die land en die enigste vereiste om 'n student te word, is dat jy 'n roeping vir evangeliesasie moet hê. Daar is talle sukses verhale van studente wat stukkend en gebroke by School of Fire aangekom het, wat deur genade radikaal verander is en nou self met ander stukkende en gebroke mense werk om hulle die pad na Jesus te wys.

2. MIRACLE PLACE – Miracle place is op die krokodilplaas gebou as 'n plek van afsondering. Hierdie gebou se kapasiteit is 300 mense, maar kan tot 500 akkommodeer wanneer die skuifdeure oopgemaak word. Sondae word hier dienste gehou vir die studente, deur die studente. Elke tweede maand word spesiale dienste hier gehou waar onderwerpe soos bekering en wedergeboorte bespreek word. Daar word ook intense leëringe gegee oor vrymaking en genesing, waarna een hele dag net gewy word aan lofprysing en aanbidding. Daarna word almal uitgeneem om fisies self evangeliesasie te doen, sodat hulle kan gaan uitleef wat hulle by die Miracle Place geleer het.

3. CHRISTIAN FRONT – Christian Front is nie 'n politieke party nie, maar is 'n beweging wat saam met die polisie en gewillige partye werk om misdaad te beveg. Die Evangelie word deur groepe studente en vrywilligers, aan ongeredde mense by aborsieklinieke, asook dwelm- en smokkelhuise bedien. Die bediening is ook gemik op mense in die bedryf van prostitusie en mense-handel. Persone in hierdie bedryf word genader met nie net die Evangelie van Christus nie, maar ook met werkbare alternatiewe om hul lewens aan God oor te gee, om deur genade vrymaking te verkry, kind van God te word en saam met Christian Front te veg vir siele vir die Koningkryk van God. Christian Front beoog om binnekort 'n kantoor in elke provinsie in Suid-Afrika op te rig, waarvandaan meer landswye uitreikings gedoen gaan word.

4. SCHOOL OF FIRE TV – Daar is huidiglik 208 studente wat deur korrespondensie, hierdie 3 jaar kursus van School of Fire meemaak. Lesings word weekliks deur Rooies Strauss op Kruiskyk TV uitgesaai en boeke word deur die pos aangestuur.

5. TZILUM PRODUKSIES – Tzilum se leuse is "Making movies for Christ". Hierdie gedugte span van vervaardigers en kameramanne het al menige kort films die lig laat sien, asook musiekvideos. Alle kort films bestaan uit 'n treffende lewensles, wat soms skokkende ontnugtering het, maar wat klem lê op die opdragte, net soos wat dit in die Bybel aan ons gegee is! Hierdie films word ook gebruik tydens opleiding, hetsy by School of Fire, uitreikings of by gemeentes. Uitsendings van School of Fire TV word ook deur Tzilum behartig.


6. TANIEN KROKODILBOERDERYPROJEK – Hierdie projek is op die been gebring met die doel om die studente van School of Fire, asook die uitreikings te finansier en ook bedienaars van Souls for Jesus Netwerk te ondersteun.

Om op te som: Die hoofdoel van SOULS FOR JESUS NETWERK, is om mense te mobiliseer om die opdrag van Jesus wat in Matteus 28:19 tot 20 opgeteken is, toegerus te kan uitvoer.

Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees;
en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.
Matthéüs 28:19-20

   
Besoek rooies.net vir meer inligting oor Rooies Strauss
 
 

 

 

 

Home/Tuis
Up/Op
Pieter Mouton
A Prima Vista
Souls For Jesus

 


 

 

 

Werfkaart
Site Map

Musiekwinkel
Music Store

 

 

 

 

 

 


SitemapWerfkaartHome/TuisUp/OpPieter MoutonA Prima VistaSouls For Jesus

ARK Web Design (Roses in Vase) * ARK Webontwerp (Rose in Vaas)

ADSA Advertensies

ARK Webontwerp sedert 1998
ARK Web Design since 1998

Artists at Piazza
Kunstenaars by Piazza

ARKpark.info

Swallow Software, Calgary, Canada
Swallow Software

ARK Web Design © 2015 - 2023
ARK Webontwerp © 2015 - 2023

Meer inligting oor Bybelhulpmiddels

Bekering

'n Christen

Bybelteks

Bible Text