Gospel singer Riana Mouton (Website designed by ARK) * Gospelsanger Riana Mouton (Webwerf ontwerp eur ARK)

SitemapWerfkaartHome/TuisUp/OpMeer oor RianaRepertoireGetuienisCD's en DVD'sLiedereLiriekeVideo'sGaskunstenaarsFoto'sGebeureNavraeKontak

Updated: March 31, 2017 **Opgedateer: 31 Maart 2017

Soek in hierdie webwerf  

Search this site  

 
English

 

 


 Groter weergawe

Riana se Repertoire

Woord-in-Sang Bediening

Spreek onder mekaar met psalms en lofsange
en geestelike liedere;
en sing en psalmsing in julle hart tot eer van die Here, terwyl julle God die Vader
altyd vir alles dank
 in die Naam van onse Here Jesus Christus
Efesiërs 5 : 19-20

Riana bedien graag met liede vanaf enige van haar albums, asook die "Saamsing met SOUT" albums. Behalwe vir dit wat op die albums verskyn, het sy ook 'n stewige repertoire Kerssangliedere, Paasliedere en ander liede vir spesiale geleenthede soos troues en begrafnisse.

Riana het 'n landswye bediening reg oor Suid-Afrika. Sy is beskikbaar vir bediening, aanbiedings en gebeure en hoor baie graag van mense, organisasies, gemeentes en so meer wat van haar Woord-in-Sangbediening gebruik wil maak. Sy is beskikbaar vir spesiale geleenthede, of dit nou eredienste, aanddienste, spesiale dienste, bid-ure, vroue- of jeugbyeenkomste, vrouetees, feeste, fonds-insamelings, Kerssangdienste, karnavalle, inwydings, sportgeleenthede, radio- of TV onderhoude of soortgelyke funksies is. Van tehuise vir bejaardes of ouetehuise, tot intense aanbiddings-geleenthede en selfs hartseer geleenthede soos begrafnisse, is deel van Riana se bediening.

Wil u dalk iets pragtigs by 'n baie spesiale geleentheid soos 'n troue laat sing? Riana se liederelys sluit onder andere in treffende huweliksbevestiging-liedere. Kontak haar gerus. Haar deelname aan u funksie sal 'n groot bydrae lewer en sommer wonderlik aangenaam wees vir die mense teenwoordig.

Neem asseblief die vrymoedigheid om Riana te kontak indien u miskien so 'n geleentheid beplan, of dalk 'n spesifieke lied wou aanvra. U kan Riana se Kalender besoek vir beskikbare datums.

Nuuskierig om te sien of Riana alreeds jou stad, dorp of omgewing besoek het? Besoek Gebeure 2012, Gebeure 2013, Gebeure 2014 of Gebeure 2015.

 
 

 

 

 

Home/Tuis
Up/Op
Meer oor Riana
Repertoire
Getuienis
CD's en DVD's
Liedere
Lirieke
Video's
Gaskunstenaars
Foto's
Gebeure
Navrae
Kontak

 


 

Musiekwinkel
Music Store

 

 

 

 

 

 


Sitemap WerfkaartHome/TuisUp/OpMeer oor RianaRepertoireGetuienisCD's en DVD'sLiedereLiriekeVideo'sGaskunstenaarsFoto'sGebeureNavraeKontak

ARK Web Design (Roses in Vase) * ARK Webontwerp (Rose in Vaas)

ARKpark.info

ARK Webontwerp sedert 1998
ARK Web Design since 1998

Swallow Software, Calgary, Canada
Swallow Software

ARK Web Design © 2015 - 2017
ARK Webontwerp © 2015 - 2017

Meer inligting oor Bybelhulpmiddels

Bekering

Bybelteks

Bible Text